Inhambane

Inhambane
Inhambane is in Mosambiek
Inhambane
Inhambane
Koördinate: 23°52′S 35°23′O / 23.867°S 35.383°O / -23.867; 35.383
LandVlag van Mosambiek Mosambiek
ProvinsieInhambane
Hoogte
0 m (0 ft)
Bevolking
 • Totaal65 837
TydsoneUTC+2 (SAT)

Inhambane, of Terra de Boa Gente (Grond van Goeie Mense), is 'n stad geleë in die suide van Mosambiek, wat lê in Inhambanebaai, 470 km noord van Maputo. Dit is die hoofstad van die Inhambane Provinsie en volgens die 2008-sensus het dit 'n bevolking van 65,837 gehad, 'n toename in die 1997-sensus van 54,157.[1] Dit is 'n slaperige historiese dorp, bekend vir sy ruwe koloniale argitektuur, en sy gewildheid onder toeriste die afgelope jare.

Die nedersetting het sy ontstaan te danke aan 'n diep inlaat waarin die klein Mutambarivier invloei. Twee beskermende sandkape bied beskerming aan die hawe en vorm 'n sandbank. Die dorp Maxixe is net oorkant die baai geleë.

  1. World Gazeteer Geargiveer 31 Desember 2008 op Wayback Machine. Besoek op 16 Junie 2008

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne